Begrotingsoorsig met burgerlike organisasies bespreek
Die ministerie van finansies en Nasionale Beplanningskommissie hou Maandag sy konsultasies oor die middeltermyn begrotings-oorsig met burgerlike organisasies soos die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing en die Hanns Seidel-stigting. Die vergadering vind Maandagmiddag vanaf half-drie in die hoofstad plaas. Die minister van finansies, Ipumbu Shiimi sal die hoofspreker wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die instituut, Graham Hopwood gesels oor die belangrikheid van die konsultasies…