DA volg met regstappe teen Zuma se vrylating

Die DA gaan regstappe doen teen oudpresident Jacob Zuma se vroeë vrylating uit die gevangenis en meen President Cyril Ramaphosa het ‘n rol gespeel om die regsorde weg te kalwe. Die party beweer die vrylating van 9 400 gevangenes is beplan om te verhoed dat Zuma terugkeer tronk toe. Woordvoerder Glynnis Breytenbach bestempel die besluit as ‘n klad op die regstelsel en meen die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, behoort te bedank as hy integriteit het. Sy sê Zuma se spoedige vrylating op spesiale korting is bloot ‘n rookskerm.