SA opposisiepartye ondersoek veelparty-ooreenkoms

Opposisiepartye in die buurland wat ondersoek instel oor ‘n veelparty-ooreenkoms het met ‘n proses begin om uit te reik na ‘n wye verskeidenheid leiers van die burgerlike samelewing om hul leiding te vra voor Woensdag se nasionale konvensie in Johannesburg. Die partye is die DA, die Inkatha Vryheidsparty, die Vryheidsfront Plus, ActionSA, die United Independent Movement en die Spectrum Nasionale Party. Michael Beaumont van ActionSA sê die partye erken die deurslaggewende rol wat die burgerlike samelewing gespeel het te midde van die regering se mislukkings.