Rugby: Eddie Jones waag met jong Aussie-span

Rugby: Die beleërde Australiese afrigter, Eddie Jones, het die ervare flank en kaptein, Michael Hooper, en die losskakel, Quade Cooper, weggelaat uit sy groep vir die Wêreldbeker-toernooi en op jonger spelers besluit. Die nuwe mede-kapteins is Will Skelton en Tate McDermott.Die Wallabies het nog nie ʼn enkele wedstryd gewen sedert hy in Januarie weer aangestel is nie. Jones het met die aankondiging van die groep gesê kenners skryf hulle af, maar hulle glo steeds hulle kan die beker die derde keer inpalm.