Iran teiken VSA-basis in Katar, Trump kondig skietstilstand aanJune 24, 2025

Iran het Maandagaand missiele gelanseer na Amerika se Al Udeid lugmagbasis naby Doha in Katar. Iran sê dit was in weerwraak vir Amerika se aanvalle op sy kern-fasiliteite. Dit is nie duidelik of enige van die missiele die basis getref het nie. Die regering van Katar sê niemand is gewond of dood nie, en dat die basis voor die aanval ontruim is. Die Amerikaanse departement van verdediging sê Iran het vooraf Amerikaanse en Katarse amptenare van die simboliese aanval verwittig. Sky News se veiligheids- en verdedigingsontleder, Professor Michael Clarke, sê alles hang nou af van hoe Amerikaanse president Donald Trump gaan reageer.

Intussen het president Donald Trump aangekondig ‘n skietstilstand is tussen Iran en Israel bereik. Iran het dit ontken maar het vyandighede om vier-uur vanoggend, Teheran-tyd, gestaak. Israel is doodstil.