Invloedryke Rodriguez sterf op 81

00:4864kSixto Rodriguez, beste bekend vir sy treffer Sugar Man, is op 81-jarige ouderdom dood. Gebore in Detroit, het Rodriguez sy loopbaan in 1967 begin, maar het aanvanklik gesukkel om sukses in die VSA te vind. Maar, en hy was onbewus daarvan, hy het ‘n reuse-volgeling in Suid-Afrika en Australië gehad. Hy het in Detroit weer in armoede verval en het in konstruksie gewerk. Lang storie kort, daar was geglo dat hy dood was maar nadat hy deur twee Suid-Afrikaanse aanhangers opgespoor is het hy in die laat 90’s ‘n toer in die buurland en Australië gedoen. In 2012 is die Oscar-bekroonde rolprent Searching for Sugar Man vervaardig wat hom weer in die kollig geplaas het, ook in die VSA, en in sy sewentigerjare, het hy talle optredes gedoen met net sy twee albums Cold Fact en Coming From Reality, beide meer as 40 jaar oud. In 2012 het Bob Simon van 60 Minutes met Rodriguez gesels…