Gates wil US$200 miljard in Afrika besteeJune 3, 2025
Microsoft-stigter, Bill Gates, sê hy beplan om die meeste van sy fortuin van 200 miljard Amerikaanse dollar te bestee aan die verbetering van gesondheids- en onderwysdienste regoor Afrika. Hy het die aankondiging gemaak in ‘n toespraak by die hoofkwartier van die Afrika-unie in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba. Gates sê dat die ontketening van menslike potensiaal deur die verbetering van gesondheid en onderwys elke land in Afrika op die pad na voorspoed moet plaas. Hy het ook die vasteland se jong innoveerders aangespoor om te dink oor hoe om kunsmatige intelligensie te gebruik om gesondheidsorg te verbeter. Verlede maand het die 69-jarige aangekondig dat hy 99 persent van sy enorme fortuin teen 2045 sal weggee, teen die tyd wanneer die Gates-stigting beplan om sy bedrywighede te beëindig.