Stad Windhoek poog om ramprisiko’s te verminder
Die Stad Windhoek bied ‘n werkswinkel oor ramprisiko-versagting vir stede aan in samewerking met die Verenigde Nasies se Kantoor vir Ramprisiko-vermindering se streekskantoor vir Afrika en GIZ die Resilience Initiative Africa. Die werkswinkel sal van môre tot Donderdag in die hoofstad plaasvind. Dit poog om maatreëls in te stel wat daarop gemik is om ramprisiko’s te verminder en veerkragtige ontwikkelingsbeplanning te bevorder te midde van die uitdagings wat ‘n vinnig veranderende stedelike landskap stel. Die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…