Rugby: Welwitschias buig die knie teen Uruguay

Rugby: Die Windhoek Draught Welwitchias moes die knie buig teen Uruguay in hul hoofstad Montevideo in die tweede wedstryd van die Wêreldrugby-nasiesbeker. Uruguay het Namibië met 26-18 geklop. Die halftyd-telling was 12-8 in Uruguay se guns. Vir die Welwitschias het Divan Rossouw, Wian Conradie en Danco Burger drieë gedruk. Losskakel Tiaan Swanepoel wat sy debuut vir die Welwitschias gemaak het, het een strafskop oor die pale gestuur.