Saoedi-Arabië maan burgers om Libanon te verlaat
Saoedi-Arabië het ‘n beroep op sy burgers gedoen om so gou as moontlik Libanese grondgebied te verlaat en om gebiede te vermy waar daar gewapende botsings was. Die Saoedi-ambassade in Libanon het nie gespesifiseer watter gebiede in Libanon dit sy burgers aanraai om te vermy nie. Die ambassade het die belangrikheid daarvan beklemtoon om by die Saoedi-reisverbod na Libanon te hou. Koeweit se ministerie van buitelandse sake het ook vroeg vandag ‘n waarskuwing uitgereik waarin hulle ‘n beroep op Koeweitse burgers in Libanon gedoen het om waaksaam te bly en gebiede van sekuriteits-versteurings te vermy, maar nie ‘n reisverbod ingestel nie.