Gemsbok dood vermeende stroper op Seeis

Die Namibiese polisie het bevestig dat ‘n nadoodse ondersoek gelas is na een man dood is toe hy en ‘n makker vermoedelik ‘n gemsbok op plaas Seeis Dinsdagnag onwettig gejag het. Die gemsbok het die man doodgesteek en is daarna vrek nadat hy met ‘n spies of assegaai gesteek is. Die oorledene is die 51-jarige Hendrik Kharuxab en sy 33-jarige makker is tans in aanhouding by Seeis terwyl die eienaar van die gemsbok ‘n saak moet maak. Dan sal hy in die hof verskyn.