Uitvoere vertoon dieselfde, nes elke maand
Soos gewoonlik is diamante, nie-monetêre goud, uraan, koper en vis die top-kommoditeite volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin vir Junie. Her-uitvoere het baie goed vertoon en het op ‘n maandelikse basis met amper 21 persent gegroei. Namibië se handelstekort in Junie is 1,4 miljard Namibiese dollar vergeleke met 2,8 miljard dollar wat in Mei aangeteken is. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Namibiese diamante wat aanhou skitter…