Grootfontein-plaasaanval: Werkers identifiseer blykbaar twee wat vas is
Terwyl die Namibiese polisie in Otjozondjupa nog moet bevestig, sê die boere in die gebied van Grootfontein dat die twee verdagtes wat Maandagaand deur hulle aangekeer is na ‘n uitgebreide soektog, wel betrek word by die gewapende roof op die plaas van die Gärtner egpaar. Volgens inligting wat aan Kosmos 94.1 Nuus deurgegee is, het werkers van die egpaar die twee positief geïdentifiseer. Die egpaar is Sondagaand oorval deur vyf gewapende mans wat hulle as polisie voorgedoen het, met een wat ‘n volle uniform gedra het. Hulle het weggekom met 178 000 Namibiese dollar se goedere, wat vyf wapens insluit. Toeriste van Eswatini wat die plaas se gastehuis tuisgegaan het, is ook beroof. Inspekteur Maureen Mbeha van die streek se polisiemag het bevestig die twee mans was Dinsdag ondervra.