Soldate sal in LA bly tot daar vrede is – TrumpJune 11, 2025
President Donald Trump het nie ʼn sperdatum gestel vir die onttrekking van die Nasionale Wag en seesoldate in Los Angeles nie. Dit volg terwyl betogings oor sy administrasie se optrede teen immigrasie voortgaan. Trump het Saterdagaand tydens toenemende betogings opdrag gegee dat 2 000 lede van die Nasionale Wag ontplooi word. Hy het die getal Maandag tot 4 000 verdubbel en 700 seesoldate is ook ontplooi. Trump sê die Nasionale Wag en die seesoldate sal daar bly tot daar geen gevaar is nie: