Misdaad versuur Netbal Wêreldbeker

Die Kaapstadse polisie ondersoek vyf voorvalle van diefstal in die hotel waar deelnemers aan die Wêreldbekertoernooi tuisgaan. Spelers van Jamaika, Singapoer en Trinidad en Tobago het deurgeloop. Jamaika se kaptein, Jhaniele Fowler, het reeds voor die begin van die toernooi op sosiale media gesê sy voel nie tuis in Suid-Afrika nie nadat geld uit haar beursie geneem is. Charl Annandale van die Nasionale Gesamentlike Bedryfs- en Intelligensiestruktuur het aan die media gesê ‘n toegewese span is aangestel om die diefstalle te ondersoek.