Dokters moet swangerskappe by minderjariges aanmeld om verkragting aan te spreek

Nes in Namibië, het Suid-Afrika ook uitdagings met die verkragting van minderjarige meisies. Maatskaplike aktiviste in die buurland pleit by die regering om maatreëls in te stel om die toename in die verkragting van minderjariges te keer. Dit gebeur terwyl die land ‘n toename ondervind in tienerswangerskappe by kinders tussen die ouderdom van tien en 14. Na wat berig word, word 12 000 minderjariges jaarliks swanger en die meeste gevalle hou verband met verkragting. Die aktivis, Kekelesto Khena sê die meeste gevalle word weens vrees nie aangemeld nie. Khena vra mediese dokters om in te gryp en swangerskappe onder minderjariges by die polisie aan te meld: