Fifa-baas blykbaar in Tahiti, nie by vroue-sokker nie

Fifa se president, Gianni Infantino, word daarvan beskuldig dat hy veel minder vir die vrouespel omgee as vir die mans nadat hy die Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Australië en Nieu-Seeland na net ses dae verlaat het. Hy het verlede jaar feitlik al die wedstryde op die Wêreldbekertoernooi vir mans in Katar bygewoon. Infantino het vroeër gevra vir dieselfde respek vir die vroue-toernooi as vir die mans s’n. Sky News het die spoor gevolg van ʼn private straler wat Infantino gereeld gebruik en daarvolgens het hy Dinsdag na die eiland Tahiti gevlieg.