Uranium One verduidelik ‘ontginning teen 2029’ aankondiging

Die Energy Capital and Power-nuusbrief berig dat Rosatom in Rusland sê hy sal teen 2029 uraan in Namibië ontgin. Rosatom is Uranium One se moedermaatskappy. Volgens die artikel sal Uranium One teen 2026 sy eksplorasiefase, wat in 2010 begin het, voltooi. Maar, die projek draai op die oomblik in die hof met die landbouminister wat weier om ‘n waterpermit uit te reik en daar is ander uitdagings, van veral die landbousektor in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die Russe se kommunikasie konsultant, Riaan van Rooyen oor die berig gesels.