Gaan Geingob die wette teen selfdegeslaghuwelike onderteken?
Nadat President Hage Geingob sy stilswye oor selfdegeslsaghuwelike gebreek het, word daar bevraagteken of hy wel die konsepwetgewing daarteen sal onderteken. Geingob sê die wetsontwerpe teen selfdegeslaghuwelike wat deur Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo in die parlement ingedien is, is nie met behoorlike konsultasie met die party gedoen nie. Die twee wetsontwerpe is in beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad voorgelê en goedgekeur. Die onus sal op die President lê om die wette met sy handtekening te bekragtig. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood gesels oor wat die pad vorentoe is…