Old Mutual gee toon aan met nuwe beleggingsfondsJune 23, 2025
Old Mutual Investment Group Namibia het die Worldwide Equity Unit Trust Fund bekend gestel, ‘n nuwe beleggingsproduk wat blootstelling aan wêreldmarkte bied. Die fonds gebruik die MSCI se wêreld-indeks vir alle lande as maatstaf. Die MSCI sluit meer as 2 500 genoteerde maatskappye in 47 ontwikkelde en ontluikende lande in. Volgens Martin Schurz, ‘n portefeuljebestuurder by Old Mutual, is die beleggingslandskap in Namibië beperk. Net 12 maatskappye is op die plaaslike indeks van die Namibiese Aandelebeurs genoteer, wat swaar na die kant van finansiële instellings en telekommunikasie leun. Rex Mutelo, die hoof van sake-ontwikkeling by Old Mutual Investment Group Namibia, verduidelik: