Verdedigingsministerie maan teen swendelaars wat veterane teikenJuly 22, 2023

Swendelaars in Namibië fokus veral op sagte teikens soos onder meer bejaardes en nou probeer hulle om oorlogsveterane om die bos te lei. Die ministerie van verdediging en veterane-sake het geregistreerde veterane van die bevrydingstryd gewaarsku om nie hul inligting te gee aan groepe wat voorgee om hulle vir onbekende voordele te registreer nie. In ‘n mediaverklaring het die senior skakelbeampte in die ministerie, Edson Haufiku, gemaan dat veterane nie hul nommers en kaarte aan die bedrieërs moet verskaf nie. Haufiku het bevestig dit is nie ‘n program wat deur die ministerie bekragtig is nie.