Die waarde van Namibiese woude onder die loep

Die Hanns Seidel-stigting Namibië en die Woestyn-navorsingstigting van Namibië bied op 2 Augustus om ses-uur in die hoofstad ‘n bespreking aan oor hoe om waarde tot Namibiese woudprodukte toe te voeg. Die bespreking fokus op  openbare betrokkenheid en sienings oor die onderwerp. Onwettige hout-oeste vind in Namibiese woude, veral in die noordoostelike streke, plaas sonder om die ekonomie of  plaaslike gemeenskappe te bevoordeel. Projek-assistent by die Hanns Seidel-stigting, Bruce Liswani het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…