Graduandi van Elsenburg gesog

‘n Onlangse evaluasie van graduandi van die Wes-Kaapse Departement Landbou se opleidingskollege by Elsenburg het bevind 68,1-persent van sy jong gegradueerdes sal makliker in diens geneem word. Dit is 26,4 persent hoër as hulle tydgenote wat in die kwartaallikse arbeidsmag-statistiek van Statistieke Suid-Afrika in aanmerking geneem is. Die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê tydens die evaluering wat tussen Januarie en Maart vanjaar gedoen is, het 54-persent van gegradueerdes werk gehad.