Nog arrestasies kom in NamRA-bedrogsaak
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se verlies in belastingbedrog het tot 833 miljoen Namibiese dollar gestyg soos die sage uitkring. NamRA wat die bedrogskema in 2021 ontdek het, sê slegs 19,9 miljoen dollar is verhaal en 1 168 belastingbetalers is betrokke. Altesaam 56 kriminele sake is aanhangig gemaak en vyf verdagtes is in hegtenis geneem en aangekla. Die agentskap se strategiese kommunikasiehoof Steven Ndorokaze het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê nog arrestasies sal in die komende weke volg.