Brittanje ondersoek Wagner-groep in Afrikalande
Brittanje het verskeie individue en groepe wat bande het met die Russiese Wagner-groep in die Sentraal Afrikaanse Republiek en Mali op sy sanksielys geplaas. Die land sê in ‘n verklaring dat Vitalii Viktorovitch Perfilev, hoof van die Wagner-groep in die sentraal Afrikaanse Republiek, se bates bevries sal word terwyl hy ook aan ‘n reisverbod onderhewig sal wees.