Bester-minnares se aansoek van die hand gewys

Die hooggeregshof in Bloemfontein het beslis teen die aansoek van die minnares van die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester, Nandipha Magudumana, om haar repatriasie uit Tanzanië onregmatig te verklaar. Regter Phillip Loubser het bevind hoewel haar inhegtenisneming en terugkeer na Suid-Afrika as bedekte uitlewering beskou kan word, het Magudumana vrywillig daartoe ingestem. Die regter het ook daarop gewys dat geen voorleggings gedoen is oor die grondwetlikheid van die departement van binnelandse sake se optrede tydens die repatriasie nie.