IFP vergader oor Nasionale Gesondheidsversekering en ander kwessies

Die Inkatha Vryheidsparty in Suid-Afrika het oor die naweek ‘n twee-daagse Gesondheid en Welstand-spitsberaad in Johannesburg aangebied. Die party het kenners in die bedryf byeengebring om uitdagings te bespreek waarmee die gesondheidsektor te doen het. Die IVP se hoofsweep, Narend Singh, sê hulle het die Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp bespreek, asook wateruitdagings, en die regering se mislukking om noodsaaklike dienste te verskaf. Die party het ook gepraat oor sy rol in die voorlê van moontlike oplossings vir die heersende uitdagings: