Vir wie moet mense stem? Al die partye is konserwatief…
Equal Rights Namibia het met skok gereageer op die omstrede wetsontwerpe teen selfdegeslaghuwelike wat in die Nasionale Vergadering goedgekeur is. Die wetsontwerpe wat net die huwelike tussen ‘n man en ‘n vrou erken, is ingedien deur Jerry Ekandjo die veteraan Swapo-politiek, bekend vir sy homofobie. Verskeie opposisiepartye het hulle ook agter Ekanjdo geskaar, asook arbeidsvakbonde, al is dit ‘n privaat-persoon wetsontwerp. Daar is tans nie ‘n liberale party by wie die LGBTQ-gemeenskap hulle kan skaar nie. Die stigter van die beweging Omar van Rooyen het sy ontsteltenis met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.