Goeie inkomste vir Kavango Oos van natuurlike hulpbronneJuly 16, 2023

Natuurlike hulpbronne en wild bied goeie ekonomiese voordele aan mense van die Kavango Oos-streek. Volgens die goewerneur Bonifatius Wakudumo is daar in die afgelope jaar 2 miljoen Namibiese dollar in jagkwotas verdien met 1,8 miljoen dollar wat uit toerisme-aktiwiteite ingewin is. Wakudumo sê verder alle konsessie-kwotas tot 2025 is reeds vasgestel en onderteken. Die Kyaramacan-vereniging wat ook bedrywig is in die Bwabwata Nasionale Park het 4 miljoen dollar uit jag en die duiwelsklou-oeskonsessie verdien. Die vereniging dek ook ‘n deel van die Kavango Wes-streek.