Rugby: Etzebeth het besluit om môre te speel

Rugby: Die slot Eben Etzebeth sal die Springbokke môre in die Rugby-kampioenskapstoets in Auckland teen Nieu-Seeland aanvoer ondanks sy pa se dood. Harry Etzebeth is Dinsdag aan kanker dood en sy seun is die keuse gegee om by die span te bly of terug te keer huis toe. Etzebeth neem waar vir die gereelde kaptein, Siya Kolisi, wat ‘n knie-operasie ondergaan het. Die Bokke se hulp-afrigter, Mzwandile Stick, het bevestig Etsebeth het besluit om te speel.