Gauteng vorder met stigting van staatsbeheerde bank
Die Gautengse LUR vir finansies, Jacob Mamabolo, is tevrede met die vordering wat gemaak is met die stigting van ‘n staatsbeheerde bank en farmaseutiese onderneming. Dit volg nadat die provinsiale regering ‘n regsmening ingewin het oor die prosesse en kwessie rondom voldoening. Mamabolo sê hulle is gemagtig om voort te gaan met die volgende noodsaaklike stappe. Hy het die media toegespreek by die provinsiale wetgewer en sê meer raadpleging sal op beide provinsiale en nasionale regeringsvlak gedoen word.