Voormalige Mosambiekse finansminister aan VSA uitgelewer

Die Suid-Afrikaanse departement van justisie en korrektiewe dienste het die voormalige Mosambiekse minister van finansies, Manuel Chang, aan die Amerikaanse owerhede uitgelewer. Hy word daarvan beskuldig dat hy deel was van ‘n korrupsie-skandaal wat byna die ineenstorting van sy land se ekonomie veroorsaak en Amerikaanse beleggers bedrieg het. Chang, wat in 2018 in Johannesburg in hegtenis geneem is, het na bewering ‘n lening van 36,3 miljard Namibiese dollar geplunder wat aan Mosambiek toegestaan was. Dit sou aangewend word vir gemeenskaps-opheffing en maritieme projekte om behoeftige mense in diens te neem. Hy staan in die VSA tereg op aanklagte van sameswering om bedrog te pleeg en geldwassery. Chang ontken dat hy iets verkeerd gedoen het.