Vee- en wilddiewe teiken Otjozondjupa

Die brandpunt van veediefstal in Namibië is steeds die Otjozondjupa-streek met meer as 465 gevalle, gevolg deur Hardap met 323 gevalle, Omusati met 241 gevalle, en Oshikoto met 222 gevalle. James Uerikua, goewerneur van Otjozondjupa, sê die streeksleierskap werk aan geheimsinnige strategieë om die vee- en wilddiefstal, wat daartoe gelei het dat boere miljoene vee verloor het, te takel. Uerikua het tydens sy streeksrede gewaarsku dat daar geen wegkruipplek vir veediewe en wildstropers is nie.