Unesco betaal glo dubbele reiskoste aan dr. Itah Kandjii-Murangi

Die AR-leier Job Amupanda se aantygings van finansiële wangedrag teen die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi, is besig om wyd uit te kring. Amupanda beweer dat die minister 1,5 miljoen Namibiese dollar se reiskoste van drie staatsinstellings – die Namibiese Opleidings-owerheid, Nust en Unam, asook geld van Unesco geëis het. Nust het bevestig dat hy op 3 Februarie 140 600 dollar aan reiskoste aan dr. Kandjii-Murangi betaal het en Unam 310 400 dollar in Julie verlede jaar. Volgens plaaslike berigte soek Unesco hul geld van die minister terug vir dubbele betalings wat in Maart in haar bankrekening vir Kandjii-Murangi en haar persoonlike assistent se reis na Amerika betaal het. Amupanda beweer die ministerie het ook sowat 75 000 en 121 000 dollar vir haar reis na New York betaal.