Rugby: Loftus het geen goeie herinneringe vir Wallabies

Rugby: Loftus Versfeld in Pretoria, waar die Springbokke vanmiddag in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap teen Australië speel, bied geen goeie herinneringe vir die Wallabies nie. Hulle het al sewe toetse wat die afgelope 60 jaar op hierdie veld gespeel is, verloor. Suid-Afrika se grootste oorwinning van 61-22 was in die laaste wedstryd van die Drienasies in 1997. Die Springbokke het in 2001 met 20-15 gewen toe Eddie Jones sy eerste skof as hoofafrigter gehad het en hy is vasbeslote om vandag geskiedenis te maak. Afskop is om vyf-oor-vyf. Alle kaartjies is uitverkoop. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.