Nuwe Stad Windhoek-tariewe, vandag bekend, reeds vanaf 1 Julie van krag
Stad Windhoek het reeds sy tariewe verhoog, al het die woordvoerder, Lydia Amutenya, die week aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die begroting is nog nie goedgekeur nie. Die tariewe, is reeds terugwerkend vanaf 1 Julie van krag en inwoners is vandag eers ingelig. Die verhoging in elektrisiteit is ook nog nie bekend nie omdat die stad nog terugvoering verwag vanaf die Elektrisiteitsbeheerraad – dus is die verhoging, wat steeds onbekend is – reeds van krag. Een van die stad se woordvoerders Celie Kapolo, sê op erfbelasting en water is ‘n verhoging van 4,5 persent goedgekeur terwyl riool en vullisverwydering met 5 persent op is.