Stadsraad het reeds begroting ontvang, moet nog goedkeur

Die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat Stad Windhoek se begroting gefinaliseer is en dat die raad dit moet goedkeur. NamPower is ‘n 8,97 persent verhoging toegestaan maar, dit is nog nie bekend wat die lynminister, Erastus Uutoni oor NamWater se tariewe besluit het nie. Die watervoorsiener se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle wel ‘n voorstel ingedien het maar wou nie verdere besonderhede verskaf nie. Beide NamWater en NamPower sukkel en ekonome het reeds dubbelsyfer-verhogings vir inwoners se munisipale rekenings voorspel. Stad Windhoek het reeds in Mei begin konsulteer rakende sy tariewe en begroting.