Kavango Oos wil ook droogtehulp hê

Die Kavango Oos-streek se streeksramprisiko-bestuurskomitee doen ‘n beroep op die regering om ‘n noodtoestand af te kondig oor droogte in die streek. Die droogtehulp van die regering is net van toepassing vir die tydperk Julie tot Desember vanjaar en sluit net sekere streke in wat nie Kavango Oos insluit nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van Kavango Oos Bonifatius Wakudumo oor die streek se huidige stand van die droogte gesels…