Boetes in verband met CC’s is totaal onrealisties

Die debat oor die Wetsontwerp op Beslote Korporasies duur voort in die parlement. Die konsepwet is vir die tweede keer deur adjunkminister van handel, Verna Sinimbo, vir aanvaarding bespreek voordat parlementslede daaroor gedebatteer het. Volgens die wetsontwerp sal oortreders streng boetes opgelê word wat aan die registrateur betaal moet word. ‘n Beslote korporasie of ‘n persoon wat bewustelik ‘n vals inskrywing in die register maak, pleeg ‘n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ‘n boete van hoogstens 10 miljoen Namibiese dollar of met gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens 10 jaar, of beide. Die adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi meen sommige van hierdie boetes is onrealisties.