Namakwaland-vloede: Gift of the Givers tree aan

Gift of the Givers het gereageer op die verwoestende vloede in Namakwaland in die Noord-Kaap en noodsaaklike hulp voorsien. Die humanitêre organisasie het komberse, klere, kos, voedingspakkies, higiënevoorrade en water uitgedeel aan gemeenskappe wat geraak is. Die vloede het aansienlike skade aangerig en die lewens van meer as tien-duisend mense ontwrig. Die voorsitter en stigter, Imtiaz Sooliman, sê hulle het hulp van plaaslike owerhede ontvang en ook hulp van die regering en die Weermag versoek: