Oudhoof van JPA sê sy afdanking was ‘n heksejag

Die voormalige uitvoerende hoof van die Johannesburgse Padagentskap, Tshepo Mahanuke, beskryf sy afdanking as ʼn heksejag op steroïede. Hy sê die hoof-oorsaak wat tot sy afdanking gelei het, was toe hy ʼn senior bestuurder in die agentskap op spesiale verlof geplaas het. Die bestuurder is later skuldig bevind aan finansiële wangedrag. Mahanuke glo egter sy besluit om die senior bestuurder te skors was die sneller tot ʼn reeks voorvalle wat uiteindelik tot sy eie afdanking sou lei.