Groot skuld dalk nie Nsfaf se fout nie, vrae oor gratis hoër onderwysJune 24, 2025
Reaksie word ontvang op die nuus dat die Namibiese Studente-hulpfonds, Nsfaf, ‘n gekwalifiseerde ouditopinie by die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang het vir die 2023-24 boekjaar. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor standaard prosedures by die fonds wat nie goedgekeur is nie en gedateer is. Dit, ten spyte van die feit dat die fonds internasionale openbare sektor rekeningkundige standaarde aangeneem het. Hy het ook kommer oor die fonds se volhoubaarheid en sê net 1 persent van 1,8 miljard Namibiese dollar wat hy geskuld word, is ingevorder. Bestuurskenner dr. Marius Kudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hy dink nie gratis hoër onderwys is die beste opsie nie.
Hy meen dat die onvermoë van studente om hulle lenings terug te betaal ook kan bydra tot die probleem, nie net Nsfaf se bestuur en stelsels nie.