Jong vrou fokus op omgewingsvriendelike haarprodukte

’n Jong wetenskaplike se vernuwende en omgewingsvriendelike haarprodukte het ‘n revolusionêre uitwerking op die skoonheidsbedryf. Sabrina Khoosal doen tans dié baanbrekerswerk as ‘n haarproduk-ontwikkelingswetenskaplike en projekleier by L’Oréal Suid-Afrika. Khoosal fokus op eko-vriendelike oplossings, en sê sy werk toegewyd om haarprodukte van hoë gehalte te vervaardig wat veilig is vir verbruikers sowel as die omgewing. Khoosal se ekologies-vriendelike produkte baan die weg vir ‘n meer eko-bewuste benadering tot skoonheid.