Fima-taakspan gereed om konsultasies oor aftreegeld te begin

Die tegniese komitee wat deur die finansminister Ipumbu Shiimi aangestel is om openbare konsultasies in verband met die Fima-wetgewing uit te voer, is gereed om te begin. Die voorsitter, dr. Manfred Zamuee het dit bevestig. Die komitee beslaan 36 lede van ekonomiese instansies, insluitend die sentrale bank, sowel as vakbonde en meer, en het ses maande om die aftrede-klousule van die wetgewing te hersien. Volgens dr Zamuee, sal die komitee noodsaaklik wees in die ontwikkeling van die regulatoriese raamwerk vir die beheer van finansiële instellings en die bevordering van stabiliteit en volhoubare groei. As Artikel 5 van die wet sou wet word, sal mense wat uit hul poste voor die ouderdom van 55 bedank, alleenlik 25 persent van hul pensioenbydrae kon neem met 75 persent wat belê moet word tot hulle 55 bereik.