Sirië onderskep Israel se missiele

Siriese owerhede sê hulle het vanoggend ‘n missielaanval van Israel afgeweer, terwyl die polisie in Israel sê dat oorblyfsels van ‘n Siriese lugafweermissiel ‘n afgeleë dorp getref het sonder om beserings te veroorsaak. Israel het die afgelope maande aanvalle op Siriese lughawens en lugbasisse verskerp om Iran se toenemende gebruik van lugtoevoerlyne te ontwrig. Iran lewer blykbaar wapens aan bondgenote in Sirië en Libanon, insluitend Libanon se Hezbollah.