Saftu blameer kapitalisme vir afname in indiensneming
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê die afname in indiensneming in die formele sektore van die ekonomie is nie ‘n verrassing nie. Die peiling oor die kwartaallikse indiensnemingstatistiek vir vanjaar se eerste kwartaal toon 21 000 minder mense is in diens geneem teenoor die vorige kwartaal. Die handelsbedryf het die meeste werksverliese gehad met ‘n afname van 36 000 poste. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die daling in poste in die formele ekonomie toon die vakbond se waarneming van die ontwikkeling van die kapitalistiese ekonomie is korrek: