Mededingingskommissie plaas privaat gesondheidsorg onder die vergrootglas

Die Namibiese Mededingingskommissie bied op 4 Julie ‘n raadplegende werkswinkel oor die bevindinge van die privaat gesondheidsorg-studie in Windhoek aan. In samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsfonds het die kommissie ‘n konsultant-firma aangestel om ‘n oorsig van die privaat gesondheidsorg-sektor in die land te gee. Die doel van hierdie studie is om die struktuur van privaat gesondheidsorg-diensverskaffing, die aard van die verhouding tussen die rolspelers, asook die stand van mededinging in die sektor te hersien. Die impak van die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse-uitspraak op die jurisdiksie van die kommissie sal geëvalueer word. Die koste-tendense van privaat gesondheidsorg oor die jare sal ook ontleed word.