Greenpeace ruk op na Tata-aanleg in Nederland

Honderde omgewings-aktiviste in Nederland het deelgeneem aan ‘n optog na die Tata-staalaanleg by die stad Ijmuiden om te betoog teen lug- en grondbesoedeling in die gebied. Die oplog is deur Greenpeace gereël. Plaaslike inwoners het aangesluit by die aktiviste. Hulle sê die Indiese aanleg in die kusstad is verantwoordelik vir hoë vlakke van swaar metale in die grond in die omliggend gebied. Die aanleg word tans deur omgewings-agentskappe ondersoek. Tata ontken egter bewerings van opsetlike besoedeling van grondwater in die omgewing.