Cyril sal later sê of Putin SA sal besoek

Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula sê President Cyril Ramaphosa sal mettertyd bekend maak wat sal gebeur indien Vladimir Putin in Suid-Afrika sou aankom. Mbalula het by die party se Wes-Kaapse verkiesingskonferensie in Kaapstad gepraat. Die Internasionale Strafhof het lasbriewe vir die inhegtenisneming van die Russiese president uitgereik. Maar Mbalula sê Suid-Afrika sal die Brics-spitsberaad in Augustus aanbied en Putin sal dit na verwagting bywoon.