Al vyf aan boord van Titan-duikboot dood

OceanGate Expeditions sê die vyf bemanningslede aan boord van die Titan-duikboot wat vermis geraak het op pad na die wrak van die Titanic, is vermoedelik dood. Die mans op die vaartuig was OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush; die Pakistanse sakeman, Shahzada Dawood, sy seun, Suleman; Britse sakeman, Hamish Harding; en die Franse vlootduiker en bekende ontdekker, Paul-Henry Nargeolet. John Mauger van die Amerikaanse kuswag sê die puin wat Donderdagmiddag ontdek is, stem ooreen met ‘n katastrofiese inploffing van die duikboot.